Voedingstof

'n Voedingstof is 'n stof wat deur 'n organisme gebruik word om te oorleef, te groei en voort te plant.

Plante en diere het nie alleen koolhidrate, vette, proteïene en vitamiene vir normale groei en ontwikkeling nodig nie, maar, soos daar eksperimenteel bewys is, ook 'n aantal anorganiese stowwe. Hierdie minerale of minerale elemente speel 'n baie belangrike rol as onderdeel van organismes se ensieme, hormone en koënsieme, wat onontbeerlik is vir die metabolisme.

Sommige van die elemente is in groot hoeveelhede nodig en word makroëlemente of makrovoedingstowwe genoem. Ander minerale is in klein hoeveelhede nodig en word gevolglik mikrovoedingstowwe, mikro- of "spoorelemente" genoem. Die minerale is baie belangrik vir individuele organismes, waar tekorte aan sulke elemente gebreksiekte tot gevolg kan hê. In ekostelsels is die elemente van die belangrikste faktore wat bevolkings beperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search